Jaarboeke

Metodiek van Musiekopvoeding 430


 
Modulekode JMM 430
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud Die musiekkennis en vaardighede van Musiekopvoeding in die tweede- en derdestudiejare word progressief in die Metodologie modules (JMM 330 en JMM 430) toegepas. ‘n Deeglike oorsig van die leerinhoud met spesifieke fokus op die praktiese toepassing soos voorgeskyf deur die Nasionale Kurrikulumverklaringsdokumente is ingesluit. Die bereiking van die voorgeskrewe uitkomste word beklemtoon. Die module sluit kennis, vaardighede, waardes en gesindheid in wat in die praktyk toegepas word en om die inherente musikaliteit van leerders te ontwikkel en te verryk. Musiek dien as primêre fokus, maar die integrering van dans en drama word ook ingesluit. Musiekopvoeding is gebaseer op klank en aktiewe betrokkenheid by musiek; derhalwe fokus hierdie module op die metodologie van uitvoerings-gebaseerde aktiwiteite. Die metodologie van Musiekopvoeding en musiekproduksies word geïntegreer.
Modulekrediete 12.00
Voorvereistes Mag slegs in die finalestudiejaar geneem word
Kontaktyd 4 lesings per week in Semeser 2 in Kwartaal 4, 4 lesings per week in Semeser 1 in Kwartaal 1
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Geesteswetenskaplike Opvoedkun
Aanbiedingstydperk Semester 1 en Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences